Oorbevissing

Oorbeviste VSA voorraad, 2015

Oorbevissing is 'n vorm van oorbenutting waar visvoorrade verminder word tot onder aanvaarbare vlakke. Oorontginning kan voorkom in waterbronne van enige grootte, soos damme, riviere, mere en oseane, en kan lei tot uitputting van hulpbronne, vermindering in biologiese groei en lae biomassa vlakke. Volgehoue oorontginning kan daartoe lei dat vis bevolkings nie meer in staat is om selfonderhoudend te wees nie.[1]

Die vermoë van 'n vissery om van oorbevissing te herstel hang daarvan af of die ekosisteem se toestande geskik is vir die herstel. Dramatiese veranderinge in spesiesamestelling kan lei tot 'n ekosisteemverskuiwing.

Oorbevissing vind plaas wanneer meer vis gevang word as wat deur die populasie vervang kan word deur middel van natuurlike voortplanting. Die resultate het nie net 'n invloed op die balans van die lewe in die oseane nie, maar ook op die sosiale en ekonomiese welstand van die kusgemeenskappe wat afhanklik is van die vis vir hul voortbestaan.

  1. Scales, Helen (29 Maart 2007). "Shark Declines Threaten Shellfish Stocks, Study Says". National Geographic News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Januarie 2017. Besoek op 1 Mei 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search